Attie Retief / Writing / Poetry

9:55

Poetry · Afrikaans

nege:vyf en vyftig -
amper tienuur Maandagmôre.
Dis vakansie - ek lê rustig,
voel hoe my magie honger wore.

Spring op gooi af -
in een beweging.
Besef dan ek's laf
en staan in oorweging:

Sal ek nou weer t'rugklim
of kombuis-toe gaan en eet?
Stap dan deur die "Court yard" -
'k het my kamerdeur oop vergeet!

nege:ag en vyftig -
amper tienuur Maandagmôre.
Hoor die "snap", die "crackle", "pop",
hoor my honger magie gôre.

Skep en sluk af -
'n enkele beweging.
Voel dan na my maag
en sit in oorweging:

Sal ek nog 'n bordjie skep
of opwas en gaan klee?
Gooi dan "Sunlight Liquid" op
en was die skottelgoed daarmee.

Tienuur het dit nou gewôre -
ek sien die tyd op "Teledata".
'n "Gospel song" sê: Hy sal sôre -
Ek het dit nodig - die skole open môre.

← All writing