Aan 'n Budjie
(Na sy tragiese dood een Sondagmôre, Oktober 1990)
Klein brose diertjie
'n stywe angs staan in jou borsie
koud en verstrak
Jy't gedood aan jou kuggie
of iets
Ons het jou ontneem van jou woonplek
jou in weeshuise en ouetehuise geplaas
jou vlerke geknip
jou vryheid verwurg
jou dieet geformuleer
en jou maniere geleer;
Ons het jou skuiling gebied teen reën
jou skoon, gesteriliseerde kos gegee
en
'n klein draadhokkie
steeds is jy die geseënde
(in vergelyking)
slegs die hede raak jou
Ek ...
ek tas tru na onvervulde ideale,
en vorentoe, al kan ek nie sien nie,
raai en vrees
ek