Alfa
Plat op my rug
met my oë na bo gerig
is die hemel in sig -
ek sien die lig,
ja, ek sien die lig
van sterretjies skitterend
in hul pragtigheid flikkerend
al praterend,
pratend met my:
hul vertel van groot hande
wat nooit gewerk het
slegs goddelike stembande
het gespreek
in minder as 'n week
en 'n heelal bleek
in stukkies prag gebreek.