Attie Retief / Writing / Poetry

Bekeringslied

Poetry · Afrikaans

Die winde waai,
my siel het geswaai,
my hart verander van klip na klei.

Ek het Hom ontmoet,
Hy't vir my sondes geboet -
"Heer, wees U pottebakker met my."

En nou dat ek weet:
Vir die Heer sal ek sweet,
word my hart opnuut weer bly.

Want sy God'like vrede
daal van bo na benede -
my sondige aard skuif opsy.

Liewe vriend en vriendin,
het jy al geïn
die Liefde wat ons vrylik kry?

Laat verander jou hart
en vergeet van die smart
en laat ander jou vreugde beny.

← All writing