Braille
Jy lees my soos 'n boek
Is ek 'n kortverhaal
Vol kragtige beelde, hoë impak
Jy lees my soos 'n boek
Is ek 'n novelle
Storielyn wat draai en krul
'n Reis van hoë emosies
Jy lees my soos 'n boek
Miskien 'n digbundel
Lieries uitgemeet
Jy lees my soos 'n boek
As jou vingers oor my ruggie streel
Is jy liefdevol blind vir al my foute