By die Versilwering van my Donker Wolk
My lewe was dood
maar my longe het nog groot
gulsige teue lewe gesluk
en ek het hulle gehaat daarvoor
want ek wou myself aan 'n tou laat ruk...
toe kom jy
en bevry my
van my toestand -
met jou sagte hand
het jy my donker wolk
blinkgepoets.