Die rede
Wie was ek gewees
Waar het ek gedwaal
Toe donkerte en vrees
Soos golwe in my maal
Aasvoëls het gehap
Ek het ophou leef
Toe jy my binnestap
Toe ons begin verweef
Mensheid in jou siel
Skoonheid in gelaat
Geloof in elke woord
God in elke daad
Jou hand oop, uitgestrek
Jou hart skaam en alleen
Bereid om te ontdek
Afwagtend vir die een
Versigtig oop jou deur
Gewillig oop jou hart
Met deernis vir my seer
Verlos jy my van smart
Ware vriendskap blom
My lewe begin nuut
Deur strawwe ure om
Word jy my nuwe lied
My hart en siel en vlees
Versterk weer in jou lig
Waar eens ek niks kon lees
Verskyn opnuut gedig
In antwoord op gebede
Voorsien Hy jou as rede
Vir verlossing van verlede
En genade in die hede
Op die drumpel van geluk
Staan ek nakend onverbind
Ek bied jou liefde aan
Soos die liefde vir 'n kind
Wie was ek gewees
Waarheen sou ek daal
Toe jy my kom genees
Toe jou liefde my kom haal
Dankie