Die soen
Sy val soos reën in my arms
Sy val soos reën in my arms
Sy val soos reën in my arms
Sy val soos reën in my arms
Water soek die ingee pad
Sy styg soos warm lug in my druk
Sy styg soos warm lug in my druk
Sy styg soos warm lug in my druk
Krag wat lugballone opvat
Sy smelt soos goud teen my bors
Sy smelt soos goud teen my bors
Sy smelt soos goud teen my bors
Hitte van 'n vulkaan
Ek is om haar pinkie
Sy is my getye maan
Haar asem is verwagting
Haar oë is pure ootmoed
Haar lippe glinster nader
Haar opwinding ruik so soet
Ons liefde is die wolke
Ons liggame die grond
Ons passie dans soos donderweer
Tussen hemel en aarde rond
Beheersd trek ek haar nader
Totdat ons lippe raak
Die soen is energie
Soos bliksemstraal se kraak