Dode
En daar waar die kliniese stank van hout
my omring
waar ek sintuigloos lê,
sal die berge hul briewe nog skryf aan my,
die see nog sy lied vir my sing?
Sal die woude my antwoord,
die winde my troos
en die maan in die wolke my lei?
Sal die sonskyn my reëndae verjaag
of sal water die grond binnedring,
deur die skeure in my kis lek
en ek 'n tweede dood sterf
identies soos dood een?