Doodsbegeerte
Sou ek my afsonder
uit geïrriteerdheid
vir die wêreld
of sou ek my versoen
met Terra vit
moeg vir alleen-wees,
sal ek steeds
verdunde bloed
deur my hart
sonder gloed
pomp, pomp-pomp,
my gedagtes steeds
bevlek,
want ek dink net aan
"ek"...
gevolgtrekking:
deur een met die wêreld
of afgesonder te wees,
is my bloed nie heilig-dik
of my kop nie laken-skoon;
alleen in die dood -
die donker groot -
kan ek iets wees
as ek eet van Sy Brood,
my naam in Sy Lewensboek lees.