Attie Retief / Writing / Poetry

Eenrigting-liefde

Poetry · Afrikaans

Wêrelde ... daar is meer,
meer wêrelde as wat die oog kan sien...
meer as die Hemel,
meer as die Hel.

Dis wêrelde van regophaar-vrese,
van wasig-onwaarskynlike drome
en die een wêreld waarin ek leef
as ek by jou is...

slegs die geknoopte derms in my
maak my nog deel van ons aarde
as ek by jou is...

ek sweef, sweef op
of gly op lugstrome af soos 'n veer
of vul my longe met jou soet geur
en lugballon oor die aarde, weg...weg

en waar ek tot stilstand kom
sit ek vol emosie
en dit voel of ek op jou neerkyk,
want jy is nie by my nie,
jy sweef of gly nie saam nie,
jy hou jou emosie,
jou lugballon is stukkend
en jy wil nie in myne klim nie...

waar is jy?

← All writing