Geseënd
My dae voel leeg,
my ure voel lank,
my minute voel vermors sonder jou,
weg van jou.
Net my komende jare
voel opwindend en geseënd
met die wete dat hulle
die dae, ure en minute
weg van jou
soos niks sal laat voel.
Jy is my tyd, my engel,
jy is my toekoms;
jy is my lewe.
Ek is so oneindig dankbaar
vir jou.
Ek is so inniglik
lief vir jou.
Vele soene reën op jou.