Iemand
As iemand my net kon verstaan
Net 'n rukkie op my weg kon gaan
As iemand in die oorvloed van die more
As iemand in die noodlot van die nag
My kon hou
In kloutjies wat verstaan
As die ironie sy doodskleed maar wou prysgee
Ons 'n kans gee
Het ek jou nou vasgehou
Tot die dood sy koue voelers om ons vou
As drome my net kon laat staan
Die liefde net my weg kon baan
As iemand in die winter van my hartseer
As iemand in die somer van my lag
Net wou wees
Met voeitjies wat bly staan
As die wereld maar sy greep op ons wou losmaak
Ons twee een raak
Sou ek jou in liefde hou
Totdat tyd en ruimte ewigheid omvou