Attie Retief / Writing / Poetry

Judas van Self

Poetry · Afrikaans

En met elke glimlag
en met elke grap
val hy dieper in die put
van selfverloëning in

en die enigste rede
waarom hy aanhou met sy grappe
is om die mense om hom
tevrede te stel -

want hy ken geen ander manier nie.
(Hulle stel in elk geval nie in die
ander maniere belang nie)

← All writing