Attie Retief / Writing / Poetry

Jy

Poetry · Afrikaans

Ek staar soms na jou
In die nag
As jy slaap

Ek wonder
Of jy droom van my
En veilig voel

Ek draal om jou
As jy regmaak
Vir kerk

Sondagoggende
Is jy die heerlikste
Om in te asem

Ek bel jou min
Maar dan maak
Ek praatjies

Jou stem is my roskam
As die lewe
My druk

← All writing