Jy’s my berg…
’n Asemrowende sonsopkoms wat deur die wolke agter ’n berg breek, is juis mooi omdat die berg dit meer dramaties maak
- jy is die berg waarsonder die son van my oggende nie dieselfde effek kan hê nie
- jy is die berg waarsonder die son van my oggende nie dieselfde effek kan hê nie
’n Donker grys reendag het die manier om ’n berg te verdoesel, weg te steek onder wolke, maar sonder die berg sal die reen nie opgevang word nie, sal strome nie sterk afloop en damme vul met noodsaaklike water nie
- jy is die berg wat in donker dae bietjie ver voel, maar sonder jou sal my riviere opdroog en ons damme stof word
- jy is die berg wat in donker dae bietjie ver voel, maar sonder jou sal my riviere opdroog en ons damme stof word
'n Uitdagende staptoer na die spits van 'n berg, word beloon met die stilte, die amper heiligheid van die oomblikke van sit en staar oor die natuurskoon benede, en die belewenis van die vrede en nietigheid in die gesig van die skepping
- jy is my uitdaging, jy is my toer en my metgesel op die stap, jy is tegelyk die spitspunt van waar ek die lewe sal waardeer en die skoonheid in wie ek die skepping bewonder
Jy is my berg...