Kom ons Dans oor Irak
Kom dans met my
oor die kaal sandvlaktes,
oor die kaalgetrapte duine,
tussen groen tenks deur.
Dans die Scud-polka
en drink 'n bietjie patriot
om die skok teë te werk.
Kom ons saai verwoesting
met ons verwoestende dansie,
en kom ons vergeet van die kinders
en die duisend vlugtelinge
op grenspoorte -
of op pad daarheen.
Nee, kom ons bly in bunkers
en verdronk ons aan die soet wyn,
hoesyn?
Kom ons praat van Christelike Stryd -
ons sal ons nie spyt.
Kom ons hou die lewens
van duisende in ons hand
en kom ons laat val dit
in die woestynsand.