Attie Retief / Writing / Poetry

Lêplek vir 'n kind

Poetry · Afrikaans

Honderd duisend krulle
Ek is lief vir elke een
Een-met-sewe-nulle soene
Lawe jou soos reën
Lawe jou soos reën
Lawe jou soos reën

Kykers wat verander
Soos skakerings van 'n blom
Asem vir 'n asem
Mond op mond en om en om

Kuiltjie in jou nek
My skuilplek teen die koue wind
Lei my na die heuwels
Van die lêplek vir 'n kind

Hande op jou magie
Hier is waar ek heen wil gaan
Streel jou sag en polsend
Soos getye van die maan

Verlore in die arms
Van 'n iemand wat verstaan
Tevredenheid, verlossing
En ekstase in my traan

Reën val saggies buite
Vele soene hier op jou
Krul op in my liefde
Jy is engel jy is vrou

Rustig in die donker
Warm broei met been oor been
Daal weg na my drome
In my arms lê die een

← All writing