Liedjie
Ek verf vir jou 'n liedjie
In woorde van pastel
Van my drome en my vrese
Wat my bly maak, wat my kwel
Ek weef vir jou 'n deuntjie
In soete eb en vloei
Wat spreek van dinge in my
En wat my hart aan bloei
Ek bou vir jou akkoorde
Met drukkies in die nag
Met kyke en met woorde
Met saamwees en met lag
Ek neem van jou ’n kiekie
En dra dit in my bors
Vir wanneer ek jou ogies mis
En na jou liefde dors