Attie Retief / Writing / Poetry

Medemens

Poetry · Afrikaans

Ek het nou die dag weer
een nodig gehad,
maar werklik nodig,
want dit was swaar -
my toestand...

en ek het geweet:
niks anders sal help nie.

Maar X het dit in die toilet
afgespoel -
my in die badkamer betrap
met die botteltjie medemense
en dit vies van my weggegryp
en fronsend veroordelend gesê:
"Hulle verdien dit."

← All writing