Oor my Skryf
Ek het my geeswaters se fyn molekule
laat borrel en bruis
soos bobbelrige babbels
oor my sandvuil
rasionaliteit
en begin skryf
uit my siel uit
en nou nooi ek jou:
kom swem saam met my
in die water van my siel -
moet net nie daarin piepie nie.