Ou Oom Boesman
Daar was eens 'n gawe ou oom
van Klippiesdal kontrei.
Met 'n baard soos 'n Rus en 'n lyf soos 'n boesman
kon hy enige iets regkry.
Die mense het hom "Oom Boesman" genoem
en sy vrou was die skattigste mens.
Hul koffiepondok was alombekend
om nie eens te praat van hul lekkergoedspens.
Oom Boesman het almal gelukkig gehou
met sy winkel op Klippertjiesdal.
Maar nou heers daar stilte waar eenmaal 'n winkel
van koffie en lekkertjies was gebou.