Oupa
Ai oupa wat moet ons tog sê
Nou dat Liewe Jesus jou terug wil hê
Van ons is tevrede
Van ons is bewoë
En ek, met die gediggie,
Rig formeel nou my vertoë
Ek het jou pas geken
Ek wou nog soveel wys
Van hoe lief ek Zellie het
En hoe sy my hart verrys
Ai Oupa, net vir oulaas...
Kap my ribbes met jou kierie
Lag nog eenmaal agter jou hand
En net soos in jou jongdae
Lei almal om jou aan die hand
Maar helaas, 'n leeu moet ook gaan lê
'n kudde moet ook groet
En ontdanks wat ons almal wil hê
Moet jy jou Heer ontmoet
In die garage hang nog 'n rokie
Agter die huisie bot 'n vy
Jou wingerd prieël stoot blare
En ons het jou rose natgelei
Gaan sluit nou aan by Ouma
Sy moes 'n rukkie wag
Ons sien uit om weer te kuier
Op ons tyd, op ons dag