Attie Retief / Writing / Poetry

Pater noster

Poetry · Afrikaans

Ons Vader wat woon in die Hemel
Daar's wonder in haar naam

Laat haar hart blom
Haar wense geskied
Soos in haar drome
Ook soos in my bede

Gee ons bly trou
selfs tot in die dood

En vergewe al die trane
Wat ek haar laat huil het
En elke traan wat kom

Laat kom my nie in die versoeking
Maar verlos my van die bose

Want sy is my rots
En my vreugde en my vrede
Vir ewig en ewig
Amen

← All writing