Attie Retief / Writing / Poetry

Politieke Duif van My

Poetry · Afrikaans

My duifie se plek was spesiaal:
in my vrugbaar-groen tuin,
in 'n witgesmeerde hokkie
op 'n lang paal,
tussen die hoop-varings -
heel agter in die hoek...
weggesteek.

Ek het hom skelmpies gevoer
en vertroetel
en hy het gegroei
en mooi geword,
maar hy mag nie gevlieg het nie -
ek kon dit nie toelaat nie.

Maar toe kom die dag
en my hoop-duifie,
my duifie van verandering,
my duifie van drome
kon maar vlieg - vrylik,
want my duifie se wêreld het verander,
hy't 'n ander tuin gekry,
maar dis nog my tuin

en ek is lief vir die tuin
en ek noem dit
"Die Nuwe Suid-Afrika".

← All writing