Rotsgeloop
Dié tyd van die môre slaan die branders redelik hoog.
Die mis lê laag af in die kom,
Dit herinner my aan Hom
as oor die baai hang groot 'n reënboog.
Daar eenkant, op die voorste rots, sit droog
'n man, en binne hom
die eensaamheid wat grom
soos hy dit deel met groot die reënboog.
Dit is net koue eensaamheid
wat lei tot hierdie afsondering -
'n hartseer ding, 'n realiteit.
Want 'n vrou, in al haar nietigheid,
is al wat stilte smart kan bring
wat aan 'n manshart kou en byt.