Attie Retief / Writing / Poetry

Spoelgety

Poetry · Afrikaans

Branders klots oor die growwe sand
Strale lek dou uit 'n see van vetplant
Daar is 'n vrede hier
So kalm soos die see
Daar is 'n liefde hier
Wat woedend in my brand

Vinke sing vir die kille briesie
Spookasem sweef verby in illusie
Daar is 'n stilte hier
Wat fluister in die wind
Ek hoor 'n dreuning kom
Uit die storm van my missie

Skadus val kunstig oor 'n duin
Rotse deurboor die spieël se lyn
Daar is aromas hier
Soet en bekend
Ek ruik die seelug se sout
In die trane van my pyn

Die oseaan sluk met elke spoel
Die kalm blou verberg 'n gewoel
Daar is 'n sielsmaat hier
Warm in begrip
Ek sien die hemel in haar
Sy was altyd my doel

← All writing