Troudag
Hoe begin ek dankie sê
vir hoe lief jy vir my is
Hoe wys ek waardering
Vir jou arms waar ek rus
Jy is na vele jare
my iemand wat verstaan
Wat van hierdie dag af voort
saam op my weg wil gaan
Ons het mekaar gevind
aan die ander kant van hoop
Ons het al geleer om nie
Agter reenboe aan te loop
Maar genade het verseker
Die perfekte pas gemaak
Toe ons vriendskap liefde word
En ons harte begin raak
Nou vind ek my verstom
Oor die bruid hier aan my sy
En staan ek reg om lewenslank
myself aan jou te wy
Voor al die gaste hier
In die lewe en hierna
Beloof ek om jou hart
Veilig in my hart te dra
Die woorde wat ek skryf
Vloei soos water val so reën
Om die akkers van jou hart
Te bekoor en te seën
Mag ek daarin slaag
Om jou honderd male meer
Die liefde terug te gee
Wat ek daagliks by jou leer
Ek is lief vir jou my engel
Ek is eindelik gevind
Eks gelukkig en geseënd
In jou liefde nou gebind
Hierdie dag en hierdie aand
Soos die huwelik wat ons gaan bou
Soos die rede vir my bestaan
Is alles net vir jou