Twyfel
In die stilte van jou vrae
In die donker van jou vrese
Fokus op die goeie dae
Onthou wie ek is in wese
Glo wat jy in my oë sien
Vertrou my hand op jou
Ek sal ons liefde altyd dien
Jou eer altyd eerste hou
Ek is 'n mens net onperfek
Vind nog my paadjie blind
Die huwelik behels ontdek
Antwoorde saam te vind
Fouteloosheid sal ontbreek
Sekerheid kom en gaan
As ons bly 'n hand uitsteek
Sal ons in liefde staan
My hart, vir ewig joune,
Twyfel ook elke nag
Trou aan jou vir altyd
Is 'n keuse elke dag
Hier staan ek dus alweer
Bereid om hard te werk
Deur menswees en deur seer
Vir gelukkigheid sonder perk