Verlange
Oomblikke weg van jou
Sleep soos ligjare verby
Soos 'n onoorkombare put
Lê verlange tussen jou en my
Soos Noag se duif moes soek
Vergeefs vir 'n stukkie grond
Hunker ek na my rusplek
Dwaal ek sonder fokus rond
Die komberse van jou druk
En die meesleur van jou soen
Die onskeibaarheid van ons harte
En alles wat ons saam doen
Roep my terug na jou
My wese is daar gebind
Ontwyk my tot my leed
Soos 'n slaap wat ek nie kan vind