Attie Retief / Writing / Poetry

Verstaan My

Poetry · Afrikaans

As iemand my net kon verstaan,
net 'n rukkie op my weg kon gaan.

As iemand in die droogte van die môre,
as iemand in die oorvloed van die nag
my kon hou -
in kloutjies wat verstaan
ek my pyn net kan laat gaan...

as die ironie sy doodskleed maar wou prysgee
my 'n kans gee:

het ek jou nou vasgehou
tot die dou sy koue voelers om ons vou...

← All writing