Attie Retief / Writing / Poetry

Weet jy

Poetry · Afrikaans

Ek wonder of jy weet
hoe moedeloos ek voel
Ek wil skree
Ek wil huil
Is daar 'n punt
Is daar 'n doel

Vasgevang in een lewe
Hunker na een nuut
Kan ek jou
geluk verseker
Gaan ek jou
net hartseer bied

Ek probeer om nie te tas nie
Ek wroeg om te vergeet
Maar in die kalklig
van jou waardes
Teen jou gebooie
word ek gemeet

Jy blyk gewillig en gemaklik
met prysgee nodeloos
En daarmee
bloei ek weereens
aan die doring
van 'n roos

Dus slaan ek my oë op
Maar die berge bly net stil
In my grootste
uur van vrae
Moet ek self
die spasies vul

So ek staan nou voor jou toe deur
Ek het als vir jou gegee
Jy verwag
ek moet net omdraai
Jou stoep
word skoongevee

Ek skink my hart uit in 'n glas
en offer dit as wyn
Jy was dronk
van my liefde
Nou versuip ek
in my pyn

← All writing